Ons deel die week se bemoediging boodskap:
NET SOOS DIT IS – EG uit die hart – dankie Ds. Mizelle hierdie uitnodiging in jou sitkamer in en ‘n kyk in jou lewe help ons met NUWE perspektief in ‘n vreemde deurmekaar tyd. Ons gebed gaan uit na moedelose moeë ouers, frustreerde kinders, skoolhoofde & onderwysers wat met hul hande in die hare sit, mense wat worstel met finansies – mense wat net nou so bietjie baie moeg is vir die corona. Luister saam en stuur aan vir iemand wat dit moet hoor. Ons salueer elke skool se personeel, ouers, kinders, mense wat moeg is.