Geagte Gemeentelid
Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet 4 van 2013), ook genoem die POPI-wet of POPIA, wat op 1 Julie 2021 in werking getree het, wil ons u verseker dat NGK Durbanville-Bergsig u persoonlike inligting behandel met die grootste privaatheid. Ons sal geen persoonlike inligting van ons gemeentelede deel met derde partye nie. Ons moet gemeentelede se persoonlike inligting verwerk sodat ons, ons gemeentelede verantwoordelik kan dien en met hulle kan kommunikeer. Die persoonlike inligting wat ingesamel word, word slegs deur lede van NGK Durbanville-Bergsig gebruik vir die doeleindes wat tydens die versameling bepaal is, of vir ‘n gebruik wat aan hierdie doeleindes voldoen.
Klik hier om die NGK Durbanville-Bergsig se POPI Privaatheidsbeleid te lees.
Klik hier om die NGK Durbanville-Bergsig se PAIA handleiding te lees.
As ‘n verantwoordelike party om inligting te verwerk, moet ons wetlik aan die POPI–wet voldoen.
Vul asb. die vorm in sodat u ons die nodige toestemming kan gee om u persoonlike inligting te verwerk.