Tye van verandering. Elke twee jaar verwissel die leierskap en word daar ’n nuwe kerkraadsvoorsitter gekies. Peter Montgomery was vir die afgelope twee jaar die voorsitter en Bergsig wil hom graag bedank vir die wyse waarop hy die skip soms deur wilde water bestuur het, veral nou in die Korono tydperk. Dankie vir jou diensbaarheid en die manier waarop jy verhoudings gebou het. Jouke Beket was sy regterhand as onder-voorsitter en bly steeds aan op die kerkraad, ook as dagbestuurlid en Eredienskommissie voorsitter.
Juan Benson is as nuwe kerkraadsvoorsitter verkies en Murray Steenkamp as onder-voorsitter. Voorspoed vir die nuwe leiers om die nuwe onbekende tye te bestuur. Peter bly nog so rukkie op die kerkraad vir die oorgee aan die nuwe span. Ons gaan die nuwe tye met WAAGMOED tegemoet … net soos ons jaartema sê: Leef met waagmoed.
Mag die Here Sy kerk onderhou … selfs in die uitdagende tyd.