Pinkster 2021
In my Truspieël
1. My verlede
2. Mensmonsters
3. Geldgoggas
4. Gril en afsku
5. Uitgediende gedagtes
Hierdie is ‘n reeks uit Johannes en grootliks Handelinge, wat die verhaal van Petrus en Paulus vertel, veral ná die uitstorting van die Heilige Gees. In die tyd van die apostels is hulle taak grootliks getuienis, sodat die Evangelie kan versprei (die hoofverhaallyn in Handelinge). Die werk van die Heilige Gees is egter tydloos, en ook ons het ‘n taak en ‘n roeping. Ons moet vorentoe beweeg, soos om die petrol te trap in ‘n motor, sodat ons roeping en taak tot vervulling kan kom.
Soms is daar egter dinge wat ons terughou en vashou: gedagtes en gewoontes wat ons verhinder om voluit vir Jesus te leef, of soms ernstige seer en stukkende verhoudings wat ons kreupel los, met geen manier om vorentoe te beweeg nie. Die Gees van die Here wil ons genees en bevry sodat ons kan aangaan, en in oorwinning vordering maak. Hierdie reeks is ontwerp om jou te help om dinge agter te laat, sodat jy dit van nou af net in jou truspieël kan sien.