021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Pastorale Naratiewe Terapie

Daar is ʼn groot behoefte aan pastorale sorg, veral noudat die mensedom die gevolge van die wêreldwye pandemie moet hanteer. Tydens die Pastorale Narratiewe Terapie Kursus word studente bloodgestel aan praktiese en teoretiese beradings vaardighede, sodat hulle ʼn bydrae kan lewer tot die heelwording van hulle gemeenskappe.

Oor 6 modules word die basiese beginsels van narratiewe terapie uitgepak en die basiese vaardighede vir die gebruik van narratiewe praktyke vir ‘n verskeidenheid probleme word verken en geoefen deur gefasiliteerde leerervarings, praktiese oefeninge, na-kursus-opdragte, voor- en na-kursus lees en besigtiging van aanlynbronne waarvoor skakels verskaf word. Die materiaal is ontwerp om ‘n wye verskeidenheid mense te akkommodeer; of hulle ander kwalifikasies het, of gemeenskapsleiers is wat hulself wil toerus met narratiewe praktyke om hul gemeenskappe te dien.

Bergsig Gemeentelede kwalifiseer vir ʼn spesiale prys van R1500.00 per module, kontak asseblief vir Esther Goosen by brightlight@mweb.co.za vir meer inligting.

Module 1: The Lego-ist word aangebied op 7, 14, 21 Mei by Bergsig Kerk van 8:30 – 18:00.

Skakel ook vir Esther as jy meer wil weet oor module 2-6
Klik hier vir meer inligting >> WELCOME TO A STUDY OF NARRATIVE PRACTICES

NG Kerk Durbanville-Bergsig