Ds. Philip het die week Woensdag op 30 September 2020 afgetree as predikant van Durbanville-Bergsig na 28 jaar en drie maande. Hy is die predikant wat tot nog toe die langste by Bergsig was. Ons gaan hom mis en luister aangedaan na sy laaste bemoedigingsboodskap aan ons in die vreemde Covid-19 tyd.
Week 21 - Vlak 2 Bemoedigingsvideo - Ds. Philip Scholtz
Vanoggend kuier ons in Ds. Philip se sitkamer - sy gerusttellende mooi boodskap bemoedig ons die week. Geniet ook vir Vicky wat haar tweede verskyning maak op sy videos.