021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

EREDIENSTE & PREKE Okt 2020

EREDIENSTE & PREKE Okt 2020

  • Posted In Preke
  • October 23, 2020

25 Oktober 2020 – Vlak 1 Covid-19

Ds. Johan Els bring die boodskap om 9:00 – dit is Nagmaal
AANLYN YouTube kykers: onthou net om jou stukkie brood en wyn/sap reg te sit vir gebruik voor die diens begin.

Arno Mattheus bring die boodskap 18:00 by die @6 aanddiens
Uit Fillipense 1:6

Bespreek nou jou plek om Sondag kerk by te woon die 9:00 oggend diens (voor Saterdag 17:00) of die 18:00 aanddiens (teen Sondag middag)

Gebruik die skakel: http://bit.ly/bergsig-bywoon
Jy kan ook direk by die kerkkantoor bespreek: 021-9764106
Toegang slegs by hoofingang van die kerksentrum.
Sydeure is gesluit. Parkeer dus nader aan hoofingang.
Let wel: GEEN masker – GEEN ingang
Koors word gemeet met aankoms.
Hoër as 37,5 grade sal nie ingelaat word nie.
Hande word gesaniteer.
Ontvangs span merk jou af volgens besprekingslys.
Daar sal twee vrae aan jou gestel word:
Toon jy enige Covid-19 simptome?
Was jy in kontak met Covid-19 geval?
Geen samedromming in voorportaal of binnehof nie.
Gaan onmiddelik in ouditorium in.
Geen sitplek op die gallery beskikbaar nie.
Badkamers is oop vir gebruik.
Drie uitgange word gebruik om uit te gaan.
Offergawes word by deure ingegooi na die erediens in twee gemerkte mandjies:
Offergawe & Deuroffer
Kerk gaan steeds aanlyn op YouTube ook voort.
YouTube regstreekse uitsending skakel.
Kerk begin stiptelik om 9:00 – maak seker om betyds te wees as jy bespreek het om in die gebou by te woon –
ons kan niemand in gebou en aanlyn ontwrig nie. Ons kan ook nie n laatkom bottelnek situasie akkommodeer nie.
Baie dankie vir jul begrip in die ongewone tydperk.
Ons sien uit om jou te ontvang onder hewig aan die Covid-19 regulasies.
Mag die Here ons byeenkoms seen.

Skakel gerus in en bly deel van Durbanville-Bergsig se geloofsgemeenskap in die moeilike tyd.


In lyn met die president se afkondiging van ’n noodtoestand en die verbod op byeenkomste groter as 250 mense moet ons, soos talle ander kerke nuut dink oor ons eredienste in die periode. Die Kerkraad het besluit dat bogenoemde regulasies vir eredienste in die kerkgebou geld in aanmerking gestelde Covid-19 regulasies deur owerhede.

Ons gaan volhou met die regstreekse uitsendings (“livestream”) van die eredienste om 09:00 (Families) & 18:00 (Tieners) in die genoemde tydperk op ons YouTube kanaal.

Die oudio & YouTube skakel na preke sal op die webwerf gelaai word soos gewoonlik .

Dope en begrafnisse word met die kerkkantoor gereël.

Enige ander reëlings sal getref word soos die tyd ons leer.