In lyn met die president se afkondiging van ’n inperking met die tweede fase van Covid-19 en die verbod op byeenkomste groter as 100 mense (binneshuis) moet ons, soos talle ander kerke nuut dink oor ons eredienste in die periode. Die Kerkraad het besluit dat eredienste tot verdere kennisgewing regstreeks aanlyn sal plaasvind soos vroeër in grendeltyd.
Dope en begrafnisse word met die kerkkantoor gereël.
Kerkkantoor net tot 24 Des om 11:00 oop – waarna dit oopmaak op 11 Januarie 2020.
Vir dope en begrafnisse kontak die kerkkantoor by 021-9764106 / administrasie@bergsigdv.co.za
Enige ander reëlings sal getref word soos die tyd ons leer.
Ons staan aan die begin van ’n nuwe jaar, maar hierdie jaar se begin is anders as ander jare. Ons is nog in grendeltyd, daar is ’n tweede vlaag van COVID en ons weet nie wat om te verwag van 2021 nie. So praktiese vraag waarmee ons hierdie jaar gaan begin is: “Hoe kan ons hierdie jaar begin vanuit ’n plek van vrede en nie vanuit angs en bekommernis nie?” Is dit enigsins moontlik om vrede te hê in ’n tyd so hierdie? Is dit nie naïef nie? Ds. Johan gaan die eerste vier Sondae van die jaar stilstaan by die Tema:
Vrede vir 2021?!
3 Januarie: Is vrede moontlik?
10 Januarie: Wat doen ek as mense my vrede steel?
17 Januarie: Wat gedoen as ek moet wag?
24 Januarie: Teleurgesteld in God?
Onthou al die eredienste is nog aanlyn en daar is elke Sondag ’n kindermoment.