DATABASIS OPDATERING
Durbanville-Bergsig het 5400 lidmate op ons databasis en dit het tyd geword dat ons die inligting op datum bring.
Jy kan ons hiermee help deur by die skakel jouself te registreer:
https://www.winkerkonline.co.za/Account/Register
Registrasie bestaan daaruit om jou naam, van, e-pos adres in te vul en jou eie wagwoord te skep vir jou profiel.
Wanneer jy dit gedoen het, kry ons ‘n boodskap op die databasis waar ons jou AKTIVEER en jy jou eie besonderhede kan opdateer.
Baie belangrik - Kies 'Durbanville - Bergsig (Ned Geref Kerk)' (daar kom blykbaar ook 'n ander kerk op met naam `Bergsig (Ned Herv Kerk)` wat nie ons is nie - kies reg 😀😀 Ons is Ned Geref Kerk.
Dit help ons met ‘n baie groot taak. Hoe meer van julle dit doen, hoe minder mense hoef ons op te volg.
Die wat skrik vir tegnologie is welkom om dit in persoon by die kerkkantoor te kom opdateer. Ons het personeel wat graag help.
Jy sal ‘n e-pos ontvang van admin@infokerk.co.za wat jou sal vra om jouself te te “verify” – sodra jy klik kom jy in op jou profiel waar jy die nodige opdaterings kan doen.
Baie dankie dat jy ons met die groot taak help.
Navrae kan gerig word aan Ilse Fritz by ontvangs@bergsigdv.co.za of Alida Vorster by kommunikasie@bergsigdv.co.za