021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

JUNIORJEUGBEDIENING Oorsig

JUNIORJEUGBEDIENING Oorsig

Welkom by Durbanville-Bergsig se kinderbediening, Glowkidz, wat vir die nuwe jaar sal afskop op 22 Januarie 2023 om 9:00.  Ons vra dat alle kinders vir 2023 registreer (dit help ons baie met beplanning, kommunikasie en om bywoning te monitor.  Ouers wat in 2022 geregistreer het, moet asseblief herregistreer. Dis baie maklik met net die druk van ‘n knoppie, jy hoef nie weer al jou inligting in te vul nie (net as iets dalk verander het).  Ons wil graag die kinders se naamkaartjies gereed hê vir ons eerste diens, so doen dit sommer nou!  Vir 2023 vra ons met vrymoedigheid ‘n eenmalige bydrae van R100 per kind om die kostes van ons handwerkaktiwteite vir die jaar te dek.  Die bydrae kan met snapscan of per EFT gemaak word, ons het ook kaartfasiliteite by die kerkkantoor.  Hier is ons registrasie skakel en betalingsbesonderhede:

Registrasie:  https://glowkidz.bergsigdv.co.za/public/register/2023

Om deel te word van die Glowkidz ouers whatsapp groep: https://chat.whatsapp.com/K5p0xUp1iHmFa7YMs1YlpU

Om met snapscan te betaal:  https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527?amount=0&id=GlowKIDZ

EFT:  Bank: ABSA Durbanville, Tak kode: 334810, Tipe Rekening: Tjek, Rekening nommer: 141 059 0154

Vir enige navrae rakende ons kinderbediening, kontak gerus die kerkkantoor of Ds Mizelle Prinsloo by ds.mizelle@bergsigdv.co.za.
Mag ons as Sy ligdraers in 2023 ons kinders elke geleentheid bied om Hom beter te leer ken!

Om meer te lees oor die aktiwiteite van die juniorjeug bediening klik hier: GlowKidz info oorsig

NG Kerk Durbanville-Bergsig