021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Glow Kidz 2021

Glow Kidz 2021

Ons is in ‘n volgende vreemde jaar en Covid-19 is steeds met ons.  Dit gaan ons egter nie keer om as geloofsgemeenskap saam te leer, te groei en te aanbid nie!  Glowkidz skop op 31 Januarie 2021 af met ‘n aanlyn erediens vir gesinne met kinders.  Die diens sal op Sondae om 8:30 op Youtube uitgesaai word en sowat 20 minute lank wees.  Die idee is dat Ma, Pa, Boet en Sus en selfs Ouma ook, saam na die diens kan kyk.  Die boodskap, taalgebruik en aktiwiteite is gemik op kinders van 4 tot 12 jaar en daar sal sommer baie geleentheid wees vir saamgesels en interaksie tussen almal wat in die sitkamer (of in die bed!) saam kyk.  Ons sal steeds elke Sondag ook ‘n aktiwiteitsblad uitstuur wat kinders/gesinne kan doen.  Glowkidz eredienste sal (soos in die verlede) oor dieselfde tekste en temas as die volwasse eredienste handel sodat ons as kerk oor generasies heen saam op reis is en groei.

Kontak gerus vir Stephanie by 0832787111 om deel te word van die Glowkidz whatsapp-groep of om epos te ontvang oor Glowkidz.