021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

GELOOFSGELOFTE-OFFERS (GGO)

GELOOFSGELOFTE-OFFERS (GGO)

Geloofsgelofte-Offers (GGO)

GGO se ontstaan kom vanuit Jesus se laaste opdrag in Matt 28:19 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” en daarmee saam Matt 25:35 “want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves;” Dit is God se hart vir ‘n verlore Wêreld, en ook ons gemeente se Missie wat sê dat ons Sy ligdraers is wat: In liefde omsien na die welsyn van ons naaste, en Volhard in die uitdra van die Evangelie van Hoop.

Bergsig maak gebruik van die Geloofsgelofte-offermetode om finansiële ondersteuning vir die uitreikprojekte van die gemeente te verkry. Donateurs verbind hulle jaarliks met die loodsing van die GGO-projek.

Donateurs beloof aan God, in geloof, ’n ekstra bedrag, bo en behalwe die maandeliksedankoffer aan die gemeente. Hulle VERTROU God dus vir die ekstra voorsiening om die bydrae te kan maak.

Geen bydrae is te klein om ‘n verskil te maak nie en die feit dat hierdie projek al 23 jaar bestaan is ‘n bewys van God se seën op die gemeente se uitreikbedieninge.

Vra God in gebed om jou bekend te maak waarvoor jy Hom moet vertrou en voltooi dan die beloftevorm elektronies. Die skakel hiervoor: http://bit.ly/bergsig-ggo

Bergsig GGO-donateurs word vriendelik herinner om alle elektroniese GGO-donasies altyd duidelik in die verwysingsveld met “GGO” te merk ten einde dit van Bergsig dankoffers/bydraes te onderskei.

Bid asseblief saam met ons vir hierdie projek.

Om meer oor Bergsig se UITREIKPROJEKTE te lees klik hier: GGO-A5-updated

Hier vind jy die volledige GGO-Brosjure met al die projekte.

Ook kan jy meer lees oor projekte op die webblad onder die skakel:

Skakel: http://bit.ly/bergsig-ggo

 

NG Kerk Durbanville-Bergsig