Die volgende kursusse word weer tydens die eerste twee naweke in Mei hierdie jaar by Bergsig Kerk aangebied. Kontak vir Liezl Loubser by versorging@bergsigdv.co.za vir meer inligting.

The World Needs a Father

Huidige navorsing toon dat huise met betrokke pa’s ‘n wye reeks voordele beleef, van geestes-en  emosionele gesondheid tot sosiale betrokkenheid, goeie produktiwiteit en selfs fisiese gesondheid.  Deur te fokus op die beginsels vir gesonde families, help The World Needs a Father (TWNAF) mans om die waarde van hul rol as vaders en eggenote te verstaan en hul toe te rus om dit in hul eie lewens en dié van hul families toe te pas. Die einddoel van TWNAF is dat elkeen ‘n stukkie van die hemel in hulle eie huis sal ervaar!

Mother Design

The Mother Design is ontwerp met die doel dat ma’s en vrouens die unieke sleutels sal verstaan wat hulle vashou in die vorming en oopsluit van ‘n gesonde en sterk huwelik en in die lê van ‘n goeie, liefdevolle fondasie vir die familie, selfs ook vir die enkel-ma.  Ma’s speel, saam met die pa’s, ‘n groot rol in families wat met Christelike oortuigings opstaan teen die huidige wêreldse kultuur.  Die program rus ma’s toe om saam met die pa’s (of vaderfigure) na te dink oor hoe hul hierdie enorme en belangrike taak gaan aanpak.

 

NG Kerk Durbanville-Bergsig