021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Covid 10 Vlak 1 & Kerkopening

Covid 10 Vlak 1 & Kerkopening

COVID-19 Vlak 1 – Kerkbywoning

Die Dagbestuur het saam met predikers op Donderdag 17 September 2020 vergader om die “oopstel” van Eredienste binne die nuwe riglyne te bespreek.

Daar heers ‘n algemene gevoel dat lidmate graag weer eredienste by die kerk wil bywoon. Die onsekerheid oor presies wat die Vlak-1 protokol gaan vereis en die logistiek om in berekening te bring vra dat ons ‘n versigtinge, verantwoordelike benadering volg. Ons voel egter dat goeie kommunikasie na lidmate uiters belangrik bly om verwagtinge duidelik te bestuur.

Daar word voorlopig beoog om van 11 Oktober 2020 weer eredienste oop te stel vir lidmate binne Vlak-1 riglyne. Dit beteken dat 250 lidmate per erediens geakkommodeer kan word. Ons werk tans aan ‘n besprekingstelsel wat baie soos die ‘Oppie-hoek kos’ stelsel sal werk, maar mense sal ook die kerkkantoor kan skakel om direk te bespreek. Ons laat weet wanneer die besprekings oopmaak.

Die eredienskommisie vergadering volgende week om fynere detail uit te skryk waarna ons weer sal kommunikeer.

Ons sien uit om almal eersdaags weer by Bergsig te verwelkom.

Juan Benson

Kerkraad Voorsitter