021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Bergsig Luister Vraelys TERUGVOER

Bergsig Luister Vraelys TERUGVOER

Bergsig is in ’n ritme om elke 5 jaar ’n jaar van groot evaluering te hê. Dit beteken vir ons dan opnuut dink, evalueer, konsulteer en veral weer opnuut vra na God se wil vir die gemeente. Is ons nog gehoorsaam aan Hom? Is die bedieninge nog relevant? Is ons regtig sy “Sy Ligdraers” in die Praktyk? Groei lidmate in hulle verhouding met die Here en wys dit in hoe ons uitreik na buite en dissipels maak?

2015 was ons vorige eva-luasie jaar met vraelyste wat uitgestuur is na lidmate. Communitas het die data geouditeer en aanbevelings gemaak. Die kerkraad het talle bevestigings gekry oor lidmate wat Bergsig byvoorbeeld baie gasvry beleef, maar ons moes ook hoor dat dinge soos prediking dalk nog meer prakties kan wees. Vyf strategiese doelwitte is vir die gemeente opgestel waarvan een byvoorbeeld uitgeloop het op die kerkplanting van Graanendal Gemeente.

2020 sou die volgende groot jaar van evaluering wees en toe gebeur die onverwagse COVID 19. Die ouditorium en kerksaal moet sluit en alles gaan aanlyn. Daarom het hierdie jaar se evaluering noodgedwonge anders gelyk. Vrae soos, is jou finansies geraak deur COVID 19, het jy vesel (Fibre) in die huis en kry jy ingeskakel by die eredienste was eweskielik in die vraelys. 148 lidmate het tussen 2 en 19 Julie die vraelyste ingevul (baie dankie!) en die resultate is baie insiggewend!

Meeste lidmate sê hulle onderdersteun die visie van “Sy Ligdraers” en dink ons slaag in die uitleef daarvan. Verbasend was dat die 1 uur lewendige uitsending van die eredienste meeste mens pas (dit is nie te lank nie) en dat die volwasse gemiddelde ouderdom van die gemeente 48 jaar oud is. Alhoewel Bergsig nog ’n baie sterk kinder en tienerbediening het, is die ouderdomsgroep van 20 tot 30 jariges onder verteenwoordig in die gemeente. Aksie is alreeds ingestel en 16 jong volwassenes het al ’n eerste byeenkoms gehad by Bergsig op 9 September en ons glo hierdie bediening gaan groei! Wil jy graag nog meer weet? Lees gerus meer hier: Bergsig-Luister Vraelys Opsomming vir die BB 20200901

Skakel gerus vir Ds. Johan Els of Alida Vorster as jy sommer nog navrae het.

 

NG Kerk Durbanville-Bergsig