021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Bergsig Kleuterskool

Bergsig Kleuterskool

Bergsig Kleuterskool

Vestiging van ‘n kleuterskool by NG Kerk Durbanville-Bergsig
Durbanville-Bergsig Gemeente het sewe jaar gelede begin om die moontlikheid van ’n kleuterskool op die kerk se perseel te ondersoek.

Ongeveer 5 jaar gelede is alle munisipale prosesse, ondersoeke, impakstudies ens. voltooi om die projek van stapel te stuur. Intussen het ons oorspronklike vennoot (Curro) besluit om nie meer voort te gaan nie. ‘n Ander vennoot het ons sowat twee jaar gelede genader met ’n nuwe plan vir die vestiging van ’n kleuterskool op ons perseel. Hulle het met die munisipaliteit geskakel om die geldigheid, al dan nie van vorige prosesse vas te stel en waar nodig is nuwe prosesse begin en voltooi. Covid-19 het ons kom verras en noodwendig finansiële komplikasies en ander vertragings veroorsaak. Ons is egter dankbaar dat ons nou op ’n plek is waar ons gereed is om voort te gaan met fase een van die projek. Goeie verhoudings is vir ons ’n prioriteit en daarom die skrywe.

Daar word beplan om die skool in twee fases te ontwikkel, met fase twee wat eers oor sowat twee jaar sal begin. Fase een behels ’n skool waar die bestaande fasiliteite van die kerkgebou gebruik word met twee tydelike klaskamers en ’n ontvangsarea wat bygevoeg sal word (sien foto’s). Die uitrol van fase een sal eersdaags begin aangesien die skool hoop om teen Julie 2021 operasioneel te wees. Fase twee mik om die skool uit te brei met moontlike ekstra geboue wat dan bygevoeg sal word om meer klaskamers te skep.

Durbanville-Bergsig Gemeente is positief oor hierdie vennootskap aangesien dit ’n passiewe inkomste vir die kerk sal genereer. Die fasiliteite sal ook beskikbaar wees vir die kerk se gebruik vir katagese lokale wat ons huidige spasie probleem sal oplos. ‘n Komitee vanuit ons gemeente is twee jaar gelede saamgestel waar personeel, kerkraadslede en ander kundiges, saam met ons vennote, gesit en dink en beplan het aan hierdie projek. Daar is in hierdie tyd reeds ’n goeie verhouding tussen Durbanville-Bergsig gemeente en die vennoot gevestig en ons sien uit na ’n mooi pad vorentoe.

Indien daar navrae is, kontak gerus Juan – juanb@laserserv.co.za

Die uwe
Juan Benson
Kerkraadsvoorsitter

NG Kerk Durbanville-Bergsig