Liewe vriende
Ek kan amper nie glo dat daar meer as ‘n halwe jaar verby is sedert my laaste skrywe aan die gemeente nie. Intussen is ons deur nog 2 golwe van COVID-19 deur waar ons gewissel het tussen byna geen inperkings tot terug tot by vlak 4 nou in Junie-maand.
Ek moes ook, soos die meeste van die gemeente vriende en kollegas groet as gevolg van COVID. Saam moet ons gewoond raak om hulle nie meer te bel of te sien nie en elke dag dink ons aan die leemte wat daar in hulle families moet wees … hulle wat ‘n man of vrou, ‘n ma of pa aan die dood af gestaan het. Ons beleef saam die verlies.
Maar deur die trane deur is daar ook hoop soos vaksineringsentrums orals opskiet en buisies vol hoop in Suid Afrika se arms inspuit. Hoop dat daar weer eendag ‘n dag sal kom wat ons mekaar kan druk sonder om te wonder: ‘wat as…’. En dan die Bokke, ai daar is darem niks so lekker soos as hulle wen nie. Al was dit op ons deurstop en kon niemand gaan kyk nie, was die oorwinning darem lekker om te smaak na ons behoorlik uitgehonger was na die wereldbeker sege in 2019…nou dink baie van ons seker, daai was die sorgelose dae.
Dit was nou ‘n lang aanloop tot ‘n baie mooi storie ook vir Bergsig, een waar ons weereens besef het dat daar ‘n God is wat sorg, en dat ons nou kan sien dat al die moeilike besluite van 2020 begin vrugte afwerp ook vir Bergsig se Kerkkas. Die Here was vir ons wonderlik goed gewees, en ook herstel gebring aan die ongesonde finansiele posisie waarin Bergsig haarself in middel 2020 bevind het.
Ek deel graag kortliks met u die volgende in terme van huige boekjaar teenoor laasjaar.
Om verder te lees klik hier: BB 20210812
Groete Juan Benson
Kerkraadsvoorsitter