021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

17 Febr 2019 EREDIENSTYE & TEMA

17 Febr 2019 EREDIENSTYE & TEMA

17 Februarie 2019,
Preekreeks TRINITEIT: VADER

08:15 Klassieke diens (Ouditorium)Ds. Schalk van Wyk
10:00 Informele diens (Ouditorium)Ds. Mizelle Prinsloo
Glow Kidz Diens (Saal)Stephanie Steenkamp
18:00 @6 Diens (Ouditorium)Ds. Johan Els
Deuroffer: Hugenote Kollege

Eienskappe van God

 Hy weet

Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Psalm 139:1

Een van die eerste waarhede wat jy aangaande God geleer het, is dat Hy alles weet. God raai nie; Hy weet. Die feit dat Hy alles weet, beteken ook dat Hy alles omtrent jou weet. Hy ken jou. Wanneer jy God dus smeek vir hulp, krag, voorsiening of tussentrede, hoef jy nie bekommerd te wees oor sy reaksie nie. Hy sal nie die verkeerde ding doen nie. Hy ken jou en dus weet Hy presies hoe om jou te antwoord.

Hy is geduldig

U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Psalm 86:15

As jy nie reeds weet dat God genadig en barmhartig is, en ook nie gou kwaad word nie, dan ken jy nog nie sy geduld nie. Dit is juis hierdie geduld wat tot jou redding gelei het en jou steeds in ’n lewe van geloof lei. Moenie sy geduld ignoreer nie. Moet ook nie talm om op sy liefde en getrouheid te reageer nie. Die tyd wat hy jou gegee het, is tyd om na Hom toe terug te draai, Hom nog beter te leer ken en Hom in gees en waarheid te aanbid.

 Hoe bid ons? – Bid tot die God van kennisEl De’ot

God Almagtig is die bron van alle kennis en Hy weet alles. God se alomwetenheid is wat Hom verhewe bo alle ander magte en kragte maak. Hy weet nie net alles nie, maar weet ook alles van almal in die kleinste detail. Hy ken selfs ons gedagtes en Hy deursoek ons harte. Salomo sê in 1 Konings 8:39 “ … U wat elke mens se binnekant ken, gee tog aan elkeen wat hy nodig het, want net U weet wat in die mens se gemoed aangaan.”

Hoe luister ons? – Bid oor die volgende vrae:

  • Wat leer die naam El De’ot vir my van God?
  • Wat leer die naam El De’ot vir my van myself?
  • Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek God se naam El De’ot beter verstaan?

Hoe leef ons?

Oordink die volgende vraag: Hoe laat dit jou voel om te weet God weet alles van jou, soos ons in Psalm 139 lees.

 


24 Februarie 2019

8:15 Klassieke diens (Ouditorium)
Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens (Ouditorium)
Ds. Philip Schlotz

18:00 @6 Aanddiens (Ouditorium)
Arno Mattheus