Vol Prente
hozontal_spacer

Nuusbrief

Ons gesels maandeliks deur die E-nuusbrief met intekenare. Indien jy belangstel om in te teken, doen dit gerus op die tuisblad

Desember 2011

Uit die Desember 2011 Lig tydskrif:

God ken ons elkeen se naam en beskerm ons teen ons vyande. Hy is by wanneer ons in gate val of in die moeilikheid beland en is altyd gereed om te help. Ons behoort volkome aan hom en nie aan onsself nie. Ons kan Sy leiding vertrou, al maak dit nie vir ons sin nie.

Ook in die feesseisoen is ons Syne. Fokus daarop dat Jesus die rede is vir die feesseisoen en vereenvoudig die Kersgety deur nie verstrengel te raak in onnodighede nie.
Lees Meer »

Oktober 2011

Die KONINKRYKBESTUURSVELDTOG het op 23 Oktober begin en ons is teen 13 November daarmee klaar. Ons nooi julle almal uit om deel hiervan te wees.
Lees Meer »

Augustus 2011

Ons begin die week met die r12 Veldtog en nooi almal uit om deel daarvan te wees. Die oorhoofse tema is  Pad na die finaal.  Die is 'n geleentheid vir geestelike vernuwing en ons gebruik Romeine 12 (r12) as riglyn.

Lees Meer »

Junie 2011

In hierdie E-nuus kyk ons na gebeure wat in Mei en Junie 2011 plaasgevind het.   Ons skryf ook meer oor die Geloofsgelofte Offers (GGO). Daar is ook onlangs 6 vraghouers by Bergsig afgelaai. Vir die wat gewonder het hoekom, gaan ons vandag die antwoord gee.

Intussen het dit lekker koud geword en hoop ons dat julle harte steeds lekker warm brand vir Jesus Christus, ons enigste Verlosser.

Lees Meer »

April 2011

Maart het verby geglip en so het ook die weer begin verander. Ons sien oral hoe mense hulle begin regskuif vir die winter. Advertensies met serpe, sop en stewels is die wêreld vol. Die kinders se help-my-swem vlerkies lê verwese eenkant.

In die koue lande het die mense in die ou dae die winter gebruik om binneshuis dinge te doen - reg te ruk en vir die somer voor te berei. Vir ure het hulle houtkerfwerk gedoen, kaas gemaak en naaldwerk gedoen. Dié produkte is dan in die somer verkoop wanneer die roetes na die erge sneeu weer toeganglik was.

Dit het my laat dink aan ons lewens. Maak jy nog tyd om reg te ruk en uit te sorteer? Dateer jy jou sisteme gereeld op? Het jy 'n struktuur vir jou lewe - of dartel jy voort, gedrewe deur take? Dink jy oor jou lewe en ontwerp jy vir jou 'n uitsonderlike, unieke lewe?

Kyk mooi na die foto van die blaar - wil jy nie ook so vrolike energieke geel blaar  in 'n vaal omgewing wees nie?

Voorstel:  Begin elke dag deur 'n spesiale tyd saam met God te spandeer. Dit is dalk net vir jou die eerste stap na 'n uitsonderlike lewe.

Lees Meer »

Februarie 2011

Hierdie jaar het op 'n vinnige noot afgeskop. Ons vee ons oë uit en dit is Februarie. Almal het seker darem nou al hulle e-pos inboksies onder beheer? Kinders is terug in die skool en begin ons weer dinge in dagboeke vaspen. Baie word oor die tyd van die jaar geskryf, maar ons val sommer met die deur in die huis - alles wat binnekort gebeur word hier uiteengesit.

Lees Meer »

November 2010

Die jaar is op-pad na die einde se kant toe en almal voel dit aan hulle lyf! Ek hoor hoe mense steun en kla oor moegheid en wonder hoe hulle alles gedoen gaan kry.  Daar is immers honderde dinge om te doen voodat die Kersfees klokke kan klingel!

As jy bietjie oorweldig voel - onthou maar net dat Jesus in EENVOUD gebore is (sonder 'n klomp tierlantjies) en dat ons met die regte fokus dalk minder uitasem by Kersfees kan uitkom.

Lees Meer »

Oktober 2010

Oktober is alom bekend as die mooiste maand. Dit is die maand van rose. Kyk na die mooi rose wat oral in tuine groei, ruik dit en geniet dit.  Vergeet van die wind wat waai, die werk wat druk en die winkels wat nou al die kersfees musiek laat klingel. 

Lees en leer saam met ons oor die broodkrummel storie.

Lees Meer »

September 2010

Oktober is 10de maand in Bergsig gemeente. In die komende maand kyk ons met 'n ander oog na geld en probeer ons verstaan hoe geld inskakel by 'n Ingelooflike Leefstyl?

Lees Meer »

Augustus 2010

Ons is midde van 'n opwindende geestelike veldtog, die tema: Ingelooflike Leefstyl.
Lees Meer »

Julie 2010

Hierdie maand kyk ons kortliks na verskeie aktiwiteite wat binnekort gaan gebeur. Daar is 'n lekker verskeidenheid. Glo dat elkeen êrens sal inskakel.

Lees Meer »

Junie 2010

Bergsig beleef 'n baie opwindende tyd met al die verskillende positiewe dinge wat gebeur in persone se lewens - hoe hul verhouding met God groei, die lekker aktiwiteite by die kerk en die verskil wat ons met uitreike beleef.

Lees Meer »

Mei 2010

Daar gebeur baie dinge by die kerk en ons nooi jou om saam te doen, te help en lekker te lees oor al hierdie dinge.

 

Lees Meer »

April 2010

Ons lees in die nuusbrief hoe om 'n gebedsketting in Bergsig te vestig. 

Ons nooi ook almal na 'n kerkhereniging gesprek en kyk hoe kan ons, ons geestelike gawes ontdek.

Lees Meer »

Maart 2010

Maart is 'n feestelike maand in ons gemeente - dit is nie net die begin van herfs nie, maar ook ons jaarlikse Plaasfees. Hierdie jaar beloof om net so 'n groot sukses te wees soos die vorige paar jaar.

Ons sien uit om julle almal en julle vriende by die wonderlike gesinsfees te sien.

Lees Meer »

Januarie 2010

Met die eerste maand al amper agter die blad is nou 'n tyd vir introspeksie en vooruitskouing. Ons glo dat 2010 vir al ons lidmate besonders geseënd sal wees.

"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Hebreërs 11:1

Lees Meer »

November 2009

Met die nuwe seisoen wat maar net nie vatplek kry nie, en 'n jaar wat vinnig einde se kant toe staan bevat die maand se uitgawe informasie wat beide vir die jaar en volgende jaar van toepassing sal wees.

Tot volgende maand!

Lees Meer »

Oktober 2009

In hierdie uitgawe lees ons oor hoe om 'n lewende Bybel te wees.

Ons lees ook oor die 10de Maand insamelings, volgende jaar se Durbanville Plaasfees en Halloween.

Lees ook hoe om te maak indien u die nuusbrief twee keer ontvang en dit wil verander.

Lees Meer »

September 2009

Net so vlietend soos die reuk van naskeermiddel is en net so min mens dit kan vasvat so is die lewe en ons begrip van die Heilige Gees se werking in ons lewens.

Lees Meer »

Augustus 2009

In hierdie uitgawe gesels ons oor om geseënd te wees!  Wat beteken dit regtig in die groter konteks van die wêreld? 

As mens bietjie verder kyk as jou buurman se blink motor en buurvrou se "grênd" klerekas - wat beteken dit dan om geseënd te wees?
Lees Meer »

Julie 2009

Sien in hierdie nuusbrief die kalender hoogtepunte vir die tweede helfte van die jaar.
Lees Meer »

Junie 2009

Wat verhoed jou om die beste jy te wees wat jy kan wees? Wat hou jou weg van die lewe wat jy eintlik wil lei?

Wie staan in jou pad? Is dit jy?

Lees Meer »

Mei 2009

Wat van NOU?
Lees Meer »

April 2009

Die maand se nuusbriefie handel oor "Die geheim van ware lewe".
Lees Meer »

Maart 2009

BERGSIG E-NUUSBRIEF

Ek het die onderstaande stukkie per e-pos ontvang en dit was vir my mooi.  Ek is nie seker wie dit geskryf het nie, maar mens kan sien dat die persoon daadwerklik bewus is van hoe belangrik verhoudings werklik is en watter invloed dit elke dag op ons lewens het.  Lees en oordink dit en maak sommer ’n besluit hoe jy die jaar aan jou verhoudings gaan werk.

Lees Meer »

Februarie 2009

Here, ons het 'n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme,
moeg vir mense.

Lees Meer »

Januarie 2009

Die jaar voel anders as laas jaar - dit voel of dit 'n beter jaar gaan wees, meer positief met minder "skokke". Miskien voel dit so omdat ons gelowig is en weet daar is altyd HOOP? 

Lees Meer »
hozontal_spacer