As jy kos in die yskas het, klere aan jou lyf, 'n dak oor jou kop en 'n plek om te slaap, is jy ryker as 75% van alles mense op aarde.
As jy geld in die bank, in jou beursie , en nog kleingeld in 'n bottel het, is jy onder die 8% rykste mense op aarde.
As jy vanoggend wakker geword het met meer gesondheid as siekte, is jy meer geseënd as die miljoene mense wat nie hierdie week oorleef nie.
As jy nog nooit in 'n oorlog was nie, nog nooit in die tronk nie, nog nooit gemartel is nie, en nog nooit honger gely het nie, is daar 500 miljoen mense wat slegter af is as jy.
As albei jou ouers nog lewe en boonop nog met mekaar getroud is, is jy 'n uitsondering in Suid-Afrika.
As jy jou kop kan optel met 'n glimlag om jou mond en regtig dankbaar is vir jou seëninge , is jy gelukkig, want die meeste mense kan , maar doen dit nie.
As jy iemand se hand vashou, 'n drukkie kan gee of aan sy skouer kan vat, is jy gelukkig want jy kan 'n helende aanraking gee.
As jy hierdie boodskap kan lees het jy dubbele seën ontvang ; iemand het aan jou gedink, en jy is voorgetrek bo twee biljoen mense op aarde wat glad nie kan sien nie.
Geniet jou dag, tel jou seëninge , en deel hierdie gedagte met iemand anders, sodat ons almal kan .
Lekker dag vir julle almal
Kyk na die opgedateerde fotogalery.
Stuur gerus ook interessante, Bergsig-NUUSwaardige foto's aan vir publisering.
BYBELSEL - Wat is Bybelsel?
Bybelsel is die naam van ‘n nuwe Bergsig inisiatief om fondse op ’n volhoubare basis te genereer vir die geweldige voedselnood in ons omgewing.
Waaruit bestaan dit?
Die projek maak gebruik van ’n SMS stelsel. Lidmate en ander belangstellendes dra vrywilliglik elke maand R25,00 by per debietorder. Elke donateur ontvang elke dag ’n SMS (waarvoor betaal moet word) met ’n inspirerende Bybelvers op sy/haar selfoon. Die oorblywende deel van die R25,00 word direk aangewend vir die projek.
Donateurs kan ook ander mense nomineer om die SMS met die Bybelteks te ontvang.
VOEDSELNOOD!!!
Huidiglik word slegs ongeveer 2% van die voedselnood in ons omgewing (Bellville, Kuilsrivier en Kraaifontein) aangespreek! Help ons om ’n verskil te maak. RAAK DEEL VAN BYBELSEL!
SMS Bybel na 33903 en die kerkkantoor sal jou kontak.
76 persone het reeds positief reageer. Baie dankie vir die ondersteuning!!!
ONS WIL MINSTENS 100 MENSE TEEN EINDE AUGUSTUS OP DIE STELSEL PLAAS.
Navrae kan aan die Gemeentebestuurder (Sydney Saayman) gerig word by 021 976 4106 x 108, 071 609 9469, sydney@isales.co.za
Hadassa Meningsopname
Gedurende die Hadassa konferensie te Bergsig, het 'n hele aantal vroue aangedui watter deel van hulle liggaam, as struikelbrok dien in hul lewens. Stem jy hiermee saam?
Kom sê jou sê op die Bergsig webblad oor hierdie onderwerp.