Met groot opgewondenheid wil ons baie dankie sê vir elkeen wat bygedra het om die jaar ’n rekordbedrag in te samel van R106 364. Ons neem die kos na gemeentes wat self te swaarkry om hul lidmate oor die Kersvakansie te versorg. Twee gemeentes is in Kraaifontein en die ander een in Ruyterwacth. En weet julle wat? Daar is regtig mense wat nie genoeg geld het om kos te koop nie. Daarom gee ons kos! My wens is dat elkeen hul Kersmaal die jaar sal nuttig met opregte dankbaarheid aan die Een wat aan ons ALLES voorsien.
Baie dankie aan Paul van der Merwe en span vir julle insette om die projek aan te pak.
Die 2012 Jaarprogram is nou by die kerk en op die web beskikbaar. Kry jou gratis kalender by die kerkkantoor of laai af op jou rekenaar.