Vol Prente
hozontal_spacer

Nuusbrief

GEBED

Here, ons het 'n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme,
moeg vir mense.
Ons het veral moeg geword
om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, móét ons
suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees
met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende,
toegewyde familiemense
en betrokke gemeenskapwerkers wees.
Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!

Vandag wil ek sommer net by U kom rus
en vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge
wat regtig saak maak en die
DINGE wat die wereld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is.

Maak huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise
in my oorvol lewe
en leer my om sommer net U kind te wees.

Amen


Lees Meer»
hozontal_spacer