Vol Prente
hozontal_spacer

Nuusbrief

thumbnail_64

INGELOOFLIKE LEEFSTYL VELDTOG

Ingelooflike Leefstyl Veldtog 15 Augustus tot 19 September 2010

Heel aan die begin is afgevra: Hoe leef ek 'n Ingelooflike Leefstyl? Dit het vreemd geklink omdat ons mense geneig is om te dink aan die woord ongelooflik.  Ongelooflik beteken - dis ampter te goed om waar te wees.

Deur slim woordspeling word ons dus verras deur eerder daarop te fokus om IN GELOOF te lewe. Vir ons beteken dit om eerstens te verander (draai na God vir raad), Hom te vertrou (in alles) en dan die ingelooflike leefstyl te volhou (deur ons persoonlike verhouding met God te verstewig en aanbiddend na Hom te luister).


Lees Meer»
thumbnail_65

Veldtog Temas

Tydens die Ingelooflike Leefstyl veldtog kyk ons na ses epiese verhale uit die Bybel om te leer hoe om God te vertrou as voorsiener. 

Deur die verhale leer ons:

Die God van die Bybel, wie se weë vêr bo ons begrip of verbeelding is, jou nooi om in alle nederigheid jou voor Hom te verootmoedig en na Hom te draai vir voorsiening en hulp.

Wanneer jy dit doen, kry jy antwoorde op jou diepste vrae.  Hy begeer dat elkeen van ons, ons geloof en vertroue in Hom plaas en so oop is vir Sy leiding.

God laat soms gebeure toe omdat Hy ons liefhet en ons op die harde manier leer om Hom bo alles lief te hê en voluit te dien (in plaas van dinge, wat jy besit, waar jy woon, waarmee jy besig is).

Wat doen ons wanneer ons met ingrypende lewenskwessies gekonfronteer word? Vertrou, luister en soek jy raad by God en Godvresende mense om die regte keuses en wyse besluite te maak ten opsigte van jou lewe en leefstyl in die geheel?

Vertrou jy God en die beginsels in Sy woord om jou lewe te rig? Ontwikkel jy jou persoonlike verhouding met Hom?

Is jy bereid om te verander en in geloof God te vertrou met al jou besluite en lewenskwessies?


Lees Meer»
thumbnail_66

Veldtog Uitreik

Ons uitreik is na Die Ark, in die Faure omgewing waar minderbevoorregtes woon. Die Ark is ’n vesting vir hawelose, seerkry mense, met geen ander heenkome.

Die Ark bestaan uit 11 afdelings.


Lees Meer»
thumbnail_67

Veldtog afsluitingsete

Teelepeltjie Sondag - ons sluit die veldtog saam af met ’n fees ...

Wat:  Ingelooflike Leefstyl Veldtog afsluitingsfees ete. 
Wanneer: 19 September 2010 om 12:00
Waar: Bergsig Kerksentrum


Lees Meer»
hozontal_spacer