Die jaar voel anders as laas jaar - dit voel of dit 'n beter jaar gaan wees, meer positief met minder "skokke". Miskien voel dit so omdat ons gelowig is en weet daar is altyd HOOP?
"HIERDIE HOOP BESIT ONS AS 'N VEILIGE EN ONBEWEEGLIKE LEWENSANDKER, wat agter die voorhangsel vas is." Hebreers 6 : 19 (Lees meer oor die sekerheid van die belofte van God in Hebreers 6 : 13 - 20. Kyk ook mooi na vers 18 - dis 'n "wow" versie)
Nadat 'n mens die stuk lees weet mens ook dat ons nie net op gevoel hoef te gaan nie. Ons het 'n daadwerklike vaste belofte ontvang.
Met die gedagte wens Bergsig vir almal 'n voorspoedige, geseende, vredevolle 2009 toe. Een waar ons 'n nou pad met God Drie-Enig sal stap, sodat ons duidelik sal kan sien wat Sy wil vir ons lewens is.
Mooi dag vir almal.