Kruis blou blokkie
hozontal_spacer

Mense - Ondersteuningsdienste

Elkeen van die mense wat by NGK Durbanville-Bergsig werksaam is, is uitgekies weens hul spesifieke vermoëns om op ’n spesiale wyse ’n bydrae te maak om een groter prentjie te vorm. Elkeen verrig hul besonderse taak om die wiel geolie te laat draai om Sy lig in die wêreld te laat skyn.

thumbnail_8

Gemeentebestuurder

Mnr. Sydney Saayman

Die Gemeentebestuurder staan aan die hoof van die Ondersteuningsdienste en is verantwoordelik dat die ondersteuningsdienste behoorlik funksioneer sodat ‘n goeie ondersteuningsdiens aan die bedieninge van die gemeente en die gemeente self gelewer word.  Daarbenewens is hy ook verantwoordelik om toe te sien dat alle hulpbronne van die gemeente optimaal en effektief benut word sodat die gemeentevisie vervul word.

Lees Meer »
thumbnail_4

Administratiewe Beampte

Me. Elize Botma

Die administratiewe beampte is verantwoordelik vir alle administratiewe aangeleenthede soos kerkraadsnotules, verlof van werknemers, gemeente se databasis en korrespondensie.

 

Lees Meer »
thumbnail_19

Administratiewe Hulp

Mnr. Chris Botma

Die administratiewe hulp bestuur die mediasentrum van die kerkkantoor. 

Lees Meer »
thumbnail_7

Fasiliteite beampte

Mnr. André Janse van Vuuren
Die koster hou toesig oor die kerkterrein en geboue en sien toe dat alles goed in stand gehou word.  Hy is ook verantwoordelik vir die oop- en toesluit van lokale veral op Sondae wanneer die eredienste plaasvind. Lees Meer »
thumbnail_25

Finansiële Beampte

Me. Esté Stewart  
Die finansiële beampte doen die boeke van die gemeente, doen alle ontvangste en uitbetalings en is stel die finansiële verslae op vir die kerkraad. Lees Meer »
thumbnail_2

Kommunikasiebeampte

Me. Alida Vorster
Die Kommunikasiebeampte moet oorhoofs toesien dat deurlopende skakelwerk en kommunikasie van die gemeente en sy aktiwiteite na binne en buite geskied d.m.v alle beskikbare media. Lees Meer »
thumbnail_3

Omgeegroepkoördineerder

Me. Gertie Kótze

Die omgeegroepkoördineerder is verantwoordelik om met alle omgeegroepe in die gemeente te skakel.

Lees Meer »
thumbnail_23

Terreinbeampte

Mnr. Paulus Adonis   Lees Meer »
hozontal_spacer