021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Nehemia Leesrooster

Nehemia Leesrooster

7 Mei – 25 Junie

As deel van die terugvoering wat ons uit die gemeente- vraelys in 2015 gekry het, was dat gemeentelede ʼn meer intieme ervaring met God wil beleef.

Een van die maniere om God se hart beter te leer ken is om die Bybel te lees. Daar is toe besluit om saam as gemeente die boek Nehemia te lees. Dit pas aan by Bergsig se jaartema; “Ons Bou Anders”.

In Nehemia sien ons, nadat die muur van Jerusalem voltooi was, is die muur van die stad soos die tempel aan God gewy. Die gemeenskap het spontaan bymekaar gekom om die wet van God te hoor. Hulle wou daaruit onderrig word om te hoor wat die Here van hulle vra.

So het daar in Jerusalem uiteindelik weer ʼn huishouding vir God tot stand gekom waar Hy gedien en verheerlik kon word. (verwys ook hier na Psalm 127). Die lig van God se wet het oor hulle hele lewe geval en vir hulle gewys wat God elke dag van hulle verwag.

Ons wil graag vir gemeente-lede die geleentheid skep waar hulle stelselmatig deur die boek van Nehemia kan werk en dit bespreek in kleingroepe, as vriende of gesinne.

Leraars preek by geleentheid oor Nehemia van 7 Mei tot 25 Junie. Daar sal dan geleentheid wees vir getuienisse.

Enige lidmaat wat dus ʼn ge-tuienis wil deel (in BB of in erediens) oor wat hulle uit Nehemia geleer het is welkom om dit aan Liezl by die kerkkantoor te e-pos by geestelikeversorging@bergsigdv.co.za of bel haar.

As jy wil deelneem aan die Nehemia leesrooster kry gerus jou leesrooster in die voorportaal.

Binne-in die leesrooster is ’n los papierstrokie waarop jy jou naam en kontakbesonderhede kan invul. Daar is potlode uitgesit, vul gerus in en gooi in die houtbak soos aangedui.

Ons kan met die saamlesers deurlopend kontak behou en indien nodig nog inligting deurgee.

Laai die Nehemia Leesrooster Pamflet hier af