Vol Prente
hozontal_spacer

Gallery - Foto's

KERSSANGDIENS 2011

Op 4 Desember 2011 het Durbanville-Bergsig kerssangdiens gehou. Dit was 'n pragtige geleentheid. Om die foto's te sien klik hier.

Lees meer »

Boerekosaand 2011

Lees meer »

Vrouekamp 2011

Lees meer »

Sinode Vrouedag byeenkoms 2011

Lees meer »

Omgeegroepe kuier 2011

Lees meer »

Nuwe Intrekkers 2011

Lees meer »

Omgeegroepe aan die werk

Lees meer »

Leiersontbyt 2011

Lees meer »

Kombersprojek 2011

Lees meer »

Israel Gemeentetoer 2011

Lees meer »

Gr 1 - 3 Oorslaap

Lees meer »

Gemeentedans 2011

Lees meer »

Breiprojek 2011

Lees meer »

Plaasfees 2011

Vir die vierdie jaar bied Bergsig die Durbanville-Plaasfees 2011 aan. Dit was 'n heerlike suksesvolle kuier. Dankie almal vir julle bydraes en hulp. Geniet die foto's saam met ons.

Lees meer »

Golden Games

'n Omgeegroep van Durbanville-Bergsig kerk het vir die vroue van Morningstar en Fisantekraal 'n sosialiseringsprojek aangebied. Die oggend behels individuele en spanspeletjies en verversings.  Almal het ook geskenkpakkies ontvang.

Lees meer »

Goudinikamp 2010

Die gemeentekamp het 15 - 17 Oktober 2010 te Goudini plaasgevind.  Dit was heerlik en almal het lekker saam gekuier.

Lees meer »

Koekie projek 2010

Jubelvroue nooi elke Bergsig lidmaat om deel te neem aan ons projek om koekies en ‘n vredes-boodskap vir Kerstyd by eensames, bejaardes en minder-bevoorregtes af te lewer.
Lees meer »

Thutuzele sorgsentrum

150 - 200 Slagoffers van seksuele geweld (volwassenes en kinders) word maandeliks by die sorgsentrum by Karl Bremer hospitaal ontvang.  Hulle word daar ondersoek en ook vir trauma behandel.  Bergsig se Vlytige Vrydag Vroue en die Jubelvroue het geskenkpakke daar gaan aflewer vir Kersfees.

Onderklere, poppies, speelgoed, handdoeke en nog baie meer was in die geskenkpakke verpak.

Dr. Donovan Andrews en Sister Cindy Lubobo het dit in ontvangs geneem.

Lees meer »

Veldtog sakke uitdeel die Ark

Durbanville-Bergsig reik uit na die Ark, dis is 'n vesting vir hawelose, seerky mense, met geen ander heenkome.

Daar is direk na die erediens met 'n bus vanaf die kerk vertrek.  Die 300 sakke is by Die Ark oorhandig na 'n begeleide toer.

Daar is onder andere toiletware uitgedeel aan diegene in Die Ark (naby Faure geleë).

Lees meer »

Teelepeltjie ete

Die ingelooflike leefstyl veldtog se afsluitingsfees was in die vorm van 'n teelepeltjie ete.  Elke gesin het hul geliefkoosde skottelgereg genoeg vir sy gesin om van te eet gemaak.  Al die geregte was opskepbaar met 'n teelepel. 

Gemeentelede het heerlik aan pampoentert, aartappelgereg, bobotie, lasagne, hoenderpastei, geelrys en malvapoeding gesmul.  Almal het heerlik saam gekuier.

Lees meer »

Kos vir Kersfeesprojek 2010

Elke jaar samel Bergsig nie-bederfbare produkte in vir minderbevoorregtes.  Die kos word na drie gemeentes wat self swaarkry geneem.  Twee gemeentes is in Kraaifontein en een in Rytherwacht.

Lees meer »

Môresterretjies besoek

Een Sondagaand het die eienaar van Morgenster plaas na 'n kerkdiens verby sy plaas gery en 'n leë arbeidershuis gesien. Het het die idee gekry om met 'n kleuterskool vir plaaskinders te begin. In die tussentyd was Bellville Badisa kantoor besig met 'n behoefte bepaling op die Durbanville plase en was een van die grootste behoeftes 'n voorskoolse ontwikkelingsprogram vir kinders tussen 3-5 jaar. 

Alles is in gereedheid gekry en die Môresterretjies bewaarskool het sy deure in Januarie 2010 geopen. 

Bergsig se Vlytige Vrydag Vroue deel lekker eetpakkies uit aan hierdie kinders.

Lees meer »

Pa en seun kamp

Tussen 24 - 26 September 2010 is daar in die Koue Bokkeveld (Ceres) 'n avontuurkamp vir pa's en hul seuns aangebied deur Braam de Beer.

Dit was 'n onvergeetlike tyd gewees.  Hulle het vlotte gebou, paintball gespeel, moes hul pad terug vind huis toe in die nag met sterre as kompas. Hulle het gespitbraai, spoorsny, oorlewing in die veld gedoen en 'n skuiling gebou waar hulle oornag het.  Baie spesiale tyd gewees.

Lees meer »

Klein Tafelberg 4X4

Klein Tafelberg 4X4 naby Redelinghuis (besoek asb. www.kleintafelberg4x4.co.za vir meer inligting)

Vrydagaand 1 Oktober tot Sondagmiddag 3 Oktober
Lees meer »

Attie van Wyk Afsluiting

Die Attie van Wyk Laerskool is ‘n plaasskool geleë net buite Durbanville langs die Philadelphiapad (M58) ongeveer 1km anderkant die ingang na die plaas Diemersdal. Die skool het ongeveer 150 leerders vanaf Gr 1 tot Gr 7.

Die kinders het heerlik tydens die afsluitingsfunksie aan speletjies deelgeneem.

Lees meer »

Donkiekar staproete

Tussen 15 en 19 November 2010 was daar 'n gemeentestaptog langs die Weskus.  Sien hier hoe die persone dit geniet het. Hulle het die Donkiekar roete gevolg. 

Lees meer »

Omgeegroep byeenkoms

Op 29 April het verskeie omgeegroepe saam gekuier in die kerk se nuwe binnehof.  Dit was 'n heerlike geleentheid waartydens die groepe gebraai en mekaar beter leer ken het.

Lees meer »

Ds. Teyo Smit Familie

Ds. Teyo Smit het onlangs met ons 'n paar familie foto's gedeel wat na aan sy hart lê
Lees meer »

Bergsig Breiprojek

Die Besige Bye van Bergsig brei elke jaar ongeveer 1000 bedsokkies.  Die sokkies word tydens die wintermaande na minderbevoorregtes versprei.  Hierdie jaar is daar ook 'n verskeidenheid van ander items gebrei vir verspreiding.

Lees meer »

Bergsig Eredienste

Bergsig het 'n verskeidenheid van eredienste.  Kry hier 'n idee hoe dit op 'n Sondag in ons kerk lyk.  Jy is ook welkom om saam met ons te kom aanbid.
Lees meer »

Kombersprojek

Tydens hierdie winter het ons baie komberse uitgedeel aan minder bevoorregtes.  Die blydskap wanneer so kombers ontvang word, was oorweldigend.  Dank die Here dat ons elke aand in 'n warm bed kan slaap.
Lees meer »

Mighty Men Groep

Hierdie jaar het daar 'n bus vol mans na die Mighty Men konferensie in Natal gegaan.  Dit was 'n grootse geleentheid vir die reisigers en die lang pad was oor-en-oor die moeite werd.

Lees meer »

SAPD Paasfees Uitreik

Die manne en vroue in blou is besoek tydens 'n Paasfees Uitreik.
Lees meer »

Attie van Wyk handskoene

'n Groep Amerikaanse vroue naby Texas het besluit om 'n breiprojek aan te pak en handskoene te brei vir verspreiding in Suid-Afrika.  Attie van Wyk laerskool net buite Durbanville was die gelukkige ontvangers van die handskoene.  Kyk net hoe glimlag die kinders.

Lees meer »

Welgegund Buitedienste Kerk

Opening was op 11 Oktober 2009

 

Lees meer »

Senior Jeug se lente sokkie in die kerksaal

Daar is niks om die aanbreek van die lente te vier soos om 'n lekker sokkie te hê nie.
Lees meer »

Compassionate Friends

Ter nagedagtenis boomplant vir diegene wat geliefdes aan dood afgestaan het.
Lees meer »
hozontal_spacer