021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

EREDIENSVRAELYS 2017

EREDIENSVRAELYS 2017

Durbanville-Bergsig
Erediensvraelys 2017

In 2015 het die gemeente ’n vraelys ingevul wat verskeie kategorieë in Bergsig getoets het. Baie van die inligting is verwerk en voorstelle is uitgevoer en het in die beplanning aandag gekry.

Dit is egter nou tyd om weer ’n baie kort vraelys in te vul rakende spesifieke eredienste vir verdere beplanning voor 2018.

Ons stel die skakel na die vraelys via die volgende kanale beskikbaar:

Op Bergsig se webblad onder die skakel Algemeen/Eredienste.

Dit sal ook op Bergsig se Facebook bladsy gepubliseer word asook gestuur word per e-pos, SMS en WhatsApp.

Aangeheg is ook ’n QR kode wat mense kan “scan” as hulle ’n QR Scanner App het op hulle fone om direk na die vorm toe te gaan.

Ons het jul terugvoer teen 15 September nodig. Doen asb. moeite en help ons met die beplanning vir volgende jaar.

Ons vra asb. voorbidding vir die proses.

Dankie vir jou tyd en dat jy moeite doen om die vraelys in te vul. Dit word opreg waardeer.

Indien jy navrae het of na die invul van die vraelys voel dat jy ‘n gesprek met iemand wil voer skakel gerus die kerkkantoor by 021 – 976 4106

Druk op die skakel om voort te gaan: https://goo.gl/forms/ekbEwesXTOxiMYIm1