021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Ds. Wynand Marc Breytenbach

Ds. Wynand Marc Breytenbach

Ds. Wynand Marc Breytenbach

  • Leraar: Jeug, Jong Volwassenes, Kerkplanting, Gemeenskap fokus
  • 0716409797
  • ds.wynand@bergsigdv.co.za

Wynand is gebore in Bellville, het skool gegaan in Durbanville en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Gemeente kind, student, proponent en nou dominee. Hy glo daarin dat wanneer iemand hulle passie gebruik om ‘n nood aan te spreek daardie persoon ‘n baie betekenisvolle lewe sal hê. Daarom is hy sterk geregtigheid georiënteerd en hoop hy dat sy gebrokenheid die brug kan wees waarop ander na mekaar kan uitreik.

Hy glo in die eenvoud van die evangelie en dat ons die goeie nuus moet wees vir die mense wat nie kos het nie, nie ‘n huis het nie of nie ‘n vol lewe lei nie. Die boodskap van die Bybel beteken niks vir hom as dit nie oorgaan in aksies nie. Volgens hom probeer hy hard om te doen wat die Bybel hom leer, maar verstaan hy dat sy gebrokenheid, tekortkominge en swakheid hom deel maak van die genade van God en nie sy perfektheid nie.

Sukses volgens hom is wanneer elke mens besef dat hulle waarde het om toe te voeg in ander se lewens. Sy droom is dat daar genoeg bome groei wat vrug sal voort bring vir almal om genoeg te hê om van te eet. Dat mense wat genoeg het eendag sal leer om weg te gee sodat almal ‘n huis het. Hy hoop dat hy eendag in plaas daarvan om sy hekke hoër te bou liewer sy tafel langer sal maak sodat almal saam in hulle andersheid kan saam sit aan die nagmaal tafel waar almal welkom is. Veral gebroke mensen.