021 976 4106

administrasie@bergsigdv.co.za

Bybelgenootskap Projekte 2018

Bybelgenootskap Projekte 2018

Wat ‘n wonderlike geleentheid is Pinkster nie? Dit is ‘n tyd om te fokus op geestelike groei en die verspreiding van God se Woord!

Pinkster is ’n baie belangrike tyd in die kerkjaar.  Een van die uitkomste van die Bybelse Pinkster-gebeure was dat die evangelie regoor die wêreld versprei is in verskillende tale.

Die Bybelgenootskap vertaal die Bybel in elke taal en versprei dan die Woord van die Here namens die NG Kerk.  Dit is ook die rede waarom die NG Kerk tradisioneel tydens Pinkster spesifiek vir die Bybelgenootskap se Bybelverspreiding ‘n spesiale kollekte hou.

Bergsig neem dus ook deuroffers op vir die Bybelgenootskap gedurende die tyd.

By voorbaat, baie dankie hiervoor.

Doen asb tydens Pinkster elke aand vir een van die projekte voorbidding.

Daar is 8 projekte:

Bybels vir gevangenis

Bybels vir die armes

Bybelgebasserde geletterdheidsprojek

Zulu Bybelvertaling

Bybel vir Dowes

Hoor die Woord

Bybel vir Shonas

Bybel in Santaal

Bybelgenootskapprojekte klik hier om meer te lees.