Die visie van hierdie projek is om kinders in die 20 kerkskole in Mosambiek vinniger te leer lees, sodat hulle die Bybel kan lees en verstaan. Die materiaal hiervoor word self ontwikkel.
Die mediese projek word in samewerking met die Tumbine Sinode in Noord-Mosambiek bestuur en fokus op die verskaffing van primêre mediese dienste aan mense in Milange en omgewing.
Tobias, een van 5 kinders, word groot in ‘n dorpie, Schefflenz, met net ‘n paar honderd inwoners. Sy pa was ‘n bosbouer, sy ma huisvrou, maar beide het ‘n hart vir God en die gemeenskap gehad.
Tobias kwalifiseer as passer-en-draaier, werk vir ‘n paar jaar en sluit by OM aan om aan boord Doulos in sy beroep te werk. In OM ontdek hy ander gawes. Hy organiseer goed, is uitstekend om situasies te ontleed en kan baie goed met mense werk. Tobias kan dinge in verstaanbare taal aan mense verduidelik – enigiets van rekenaarprogramme tot die Bybel! In hierdie stadium is Tobias die Personeel Berader van OM in Sentraal-Europa – dis nou Duitsland, Oostenryk, Switzerland, Griekeland, Ukraïne, Albanë, Kosovo, Bosnië, Moldawië, Montenegro, Romenië en Hongarye. Tobias se werk behels o.a. om personeelbestuurders in die veld te help om hul werk effektief te doen. Hy is betrokke by programontwikkeling wat mense toerus om effektiewe sendelinge te wees.
Bergsig se ondersteuning aan die bediening in die Oekraïne gaan aan Vadiem en Tanya Tokarchuk, woonagtig met hul twee kinders, Timka (seun) en Tanya, in Rakhiv, Wes-Oekraïne. Hier in die geografiese middelpunt van Europa bied hulle met die Volwasse Menswees-projek en evangelisasie uitreike hoop en identiteit aan mense wat sonder hoop en identiteit gelaat is na 70 jaar van kommunisme.
Mat 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels......
Durbanville-Bergsig is die afgelope 15 jaar by sendingwerk in en om Milange in die Zambesie Provinsie in die Noorde van Mosambiek betrokke. Die Here het die projek sodanig geseën dat dit van 2 dominees met 1 gemeente in 1994 gegroei het tot 16 dominees met 34 gemeentes en ‘n volle sinode sedert 2008. Ons loof en dank die Here vir die besondere groei en vordering van die kerk!
Ds Danie Murray en sy vrou, Bonny, was ons eerste sendelinge op Milange tot aan die begin van 2008. ‘n Volgende fase van die projek het ‘n werklikheid geword met die bevestiging van ds Kobus Eksteen as predikant in die Thumbini gemeente op Sondag 13 Julie 2008. Wat ‘n ondervinding om te kon deel in die vreugde van die gemeente by die bevestiging van hul nuwe dominee en sy vrou, Nana, wat die Lig kan uitdra en hulle in die Woord kan begelei.
Getroue gebede en betrokkenheid van gemeentelede het die projek oor die afgelope jare gedra. Saam met julle staan ek in verwondering oor wat die Here besig is om te doen in die afgeleë binneland van Mosambiek. Aan God die eer!
Abrie Coetzee
Milange Koördineerder
ajcoetzee@pgwc.gov.za
021 976 5647
Kobus: 082 6634789
Nana: 082 2990914
E-pos: kobus.nana@yahoo.com
Basiese inligting oor Thailand
Thailand is in Asië, suid van China geleë, met Burma (Meanmar), Vietnam en Kambodja (Kampochea) as buurlande. Thailand is al 'n koninkryk sedert die 13de eeu met 'n koning wat oor die land regeer. Omdat Thailand nooit deur enige westerse moontheid gekolonialiseer was nie, was die bevolking nooit aan enige westerse taal blootgestel nie. Slegs 'n baie klein persentasie van die bevolking van ongeveer 70 miljoen is Engels magtig. Thailand het 'n stabiliserende rol gespeel tydens die Tweede Wêreldoorlog en was ook 'n veilige hawe vir vlugtelinge tydens oorloë in Vietnam, Meanmar en Kampochea.
Die bevolking bestaan uit 'n groot middelklas met slegs 'n relatiewe klein persentasie baie ryk sowel as baie arm mense. Die temperatuur is dwarsdeur die jaar baie hoog (30 tot 40 grade Celsius) met 'n baie hoë humiditeit in die Suide. Die vier maande van Desember tot Maart is baie droog, terwyl Monsoonreëns gedurende die orige agt maande van die jaar ervaar word aan die Weskus. In die Noorde van Thailand is daar wel ook n redelike koue seisoen.
Hier is ‘n jong sending predikant en sy familie wat gehoorsaam aan die roepstem van die Here is, om Sy woord en bediening onder die Boesmans van Botswana te verkondig.
Liewe vriende, dit is al 15 jaar vandat die Here die passie vir Sri Lanka en sy mense op my hart gelê het en hierdie passie brand soos warm kole in my borskas.. en dit brand warmer as ooit! Daar is slegs ‘n handjie vol sendelinge op die eiland wat moet uitreik na meer as 20 miljoen onbereikte mense op die eiland.
"Mission Aviation Fellowship (MAF) het ten doel om deur middel van logistiek en tegnologie die liefde van Jesus Christus na geïsoleerde gemeenskappe uit te dra deur in hulle fisiese en geestelike behoeftes te voorsien.
Om die Mission Aviation Fellowship se webwerf te besoek klik hier.