Die Attie van Wyk Laerskool is ‘n plaasskool geleë net buite Durbanville langs die Philadelphiapad (M58) ongeveer 1km anderkant die ingang na die plaas Diemersdal. Die skool het ongeveer 150 leerders vanaf Gr 1 tot Gr 7.
Die Durbanville Kinderhuis is ‘n program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NGK en VGK.
Die Kinderhuis het in 1883 in Kaapstad ontstaan deur twee vroue wat die nood van kinders raakgesien het en vir hulle ‘n veilige tuiste geskep het. Die Kinderhuis het later na Durbanville verskuif. Daar word dus al vir 124 jaar voortgebou op hierdie liefdesdaad. Hulle missie is "In opdrag van die Groot Kindervriend, Jesus Christus, stel Durbanville Kinderhuis sorgbehoewende kinders in staat om hulle volle potensiaal te bereik deur middel van gespesialiseerde programme en opgeleide, gemotiveerde personeel".
Baie gesinne en individue in en op die drumpel van Durbanville ly daagliks honger a.g.v. werkloosheid en ander sosiale probleme. Durbanville-Bergsig help om hierdie groot behoefte daagliks aan te spreek, in medewerking met die drie naaste takkantore van BADISA-Bellcare, -Kraaifontein en -Scottsdene, deur die voorsiening van nie-bederfbare kosvoorrade en kospakkies ten bedrae van reeds meer as R100 000 per jaar aan gemelde Badisa-kantore vir verspreiding volgens hulle diskresie.
Hierdie projek fokus op voorbidding vir Moslems en streef daarna om praktiese wyses te ontwikkel om Moslems vir Christus te bereik.
Die projek fokus daarop om minderbevoorregte bejaardes te ondersteun, meestal met verblyf.
Die projekspan bestaan uit vrywilligers (omtrent 25 waarvan meer as die helfte anoniem is) wat bedsokkies brei. Daar is selfs een dame uit De Rust aftree-oord wat dwarsdeur die jaar elke maand 5 paar bedsokkies brei.
Compassionate Friends is 'n wêreldwye organisasie wat optree as steungroep vir ouers wat hulle kinders deur die dood verloor het.
Hulle funksioneer in groepe wat "Chapters" genoem word. So ‘n “Chapter” is in Mei 2007 in Durbanville gestig. Ons het besluit om dit hier uit te brei na almal wat een of ander verlies gehad het.
By die Durbanville kliniek word elke Maandagoggend 8 gesmeerde brode by die kliniek voorsien vir die pasiënte wat hul medikasie moet neem en nie ontbyt gehad het nie.
Buitedienste word deur Durbanville-Bergsig, in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Durbanville, elke Sondag gedurende skoolkwartale in die nuwe gemeenskapsaal in Fisantekraal aangebied.
Ongeveer 8 jaar gelede het Aletta Hebst haar hart en haar deure oopgegooi vir kinders wat geen heenkome het nie. House of Grace is geleë op ‘n plaas buite Durbanville. Hulle versorg kinders wat uit hul ouers se sorg verwyder is agv verwaarlosing, seksuele molestering of verwerping en die kinders is gewoonlik erg getraumatiseer wanneer hulle op die plaas aankom. Daar is tans 22 kinders in hul sorg en getalle wissel oor tyd.
Magdalena Huis is ‘n program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NGK en VGK.
Dit is 'n tehuis vir ongehude moeders en die sentrum waaruit al BADISA se aannemings en herkoms navrae hanteer word.
Die lede van die Betesda projek reik uit in die gemeenskap na persone met een of ander gestremdheid.
Hierdie projek voorsien tans klere aan 10 instansies. Die dankbaarheid van ander is ongelooflik.
Die klere word ± 2 keer per kwartaal by die kerk uitgesorteer en verpak. By tye is daar so baie klere dat ons nog hande kort! Indien u wil inskakel by die projek, sal ons dit waardeer. Dit vind gewoonlik op 'n Maandagoggend 9:00 tot 12:30 plaas.
Kontak my gerus!
Hierdie projek word elke jaar geloods vanaf ongeveer middel November tot middel Desember. Kos en kontant word ingesamel vanuit die gemeente en versprei na dire "minderbevoorregte" gemeentes. Die afgelope jaar 2008, is daar ongeveer R50 000 se kos met vragmotors en bakkies versprei na die gemeentes.
Die manne en vroue in blou voer baie keer 'n stil opdraande stryd teen misdaad. Ter ondersteuning fokus die Bergsig projek daarop om die persone te laat moed skep wanneer hulle lang ure werk.
Sop word deur gemeente lede gekook en versprei na Kraaifontein area. Ons kook tussen 30 liter en 50 liter 'n week. In die bitter koue maande verwarm dit baie minderbevoorregtes se lewens.
Buitedienste word deur Durbanville-Bergsig, in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Durbanville, elke Sondag gedurende skoolkwartale op die plase Welgegund en Spes Bona, asook elke Sondag in die Trevor Manuel-laerskool in Fisantekraal, aangebied.
Buitedienste word deur Durbanville-Bergsig, in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Durbanville, elke Sondag gedurende skoolkwartale op die plase Welgegund en Spes Bona, asook elke Sondag in die Trevor Manuel-laerskool in Fisantekraal, aangebied.
Bergsig is betrokke en ondersteun die Fisantekraal Centre for Development (FCD), ‘n Learn to Earn geaffilieerde gemeenskapsprojek in Durbanville, wat dit ten doel het om armoede en werkloosheid in Fisantekraal te help aanspreek deur toepaslike opleiding.
Waroor gaan dit? Jesus, Jesus, Jesus!!!! Dit is nie ’n organisasie nie – dit is ’n organisme. Dit is JESUS SELF AAN DIE WERK DEUR DIE HEILIGE GEES EN EK IS DIE DRIVER. Ons konsentreer op die wat verlore is, die wat almal mee hoop opgegee het, die laagste en die laaste.
Die hawelose mense kom baie stadig in, maar dit is nie ’n probleem nie, maar ’n gulde geleentheid vir ons almal om saam te werk aan die projek.
Om dankie te sê vir die Vader vir alles wat hy doen vir Bergsig, vra ons Hom om die te stuur wat Hy wil hê ons moet help.
Om die Jesus Can webblad te besoek klik hier.
Ons wil ‘n geestelike tuiste wees waar mense kan sê: “Ek “connect” met God, myself, my doel, my gesin, ander mense…” Die leraar is Ds. Francois Stone, voorheen verbonde aan Stellenberg gemeente.
Ons wil graag soos Jesus wees, doen soos Jesus doen, en mense saamneem op ons reis - maak nie saak waar hulle nou op hulle reis is nie.
Ons fokus is op mense in die Granendal, Uitsig, The Crest area en almal wat nie gemaklik in tradisionele kerke voel nie.
Sien meer op ons webblad: www.iconnect.za.org
Om die inspirerende daaglikse dagstukkies te lees gaan na die bogenoemde webbladsy.
New Beginnings is 'n projek van die Department van Gesondheid . Die huis is 'n residensiële fasiliteit vir langtermyn psigiatriese pasiënte wat geen ondersteuningsbasis het nie. Die inwoners het spesiale sorg nodig.
Hierdie projek groei op 'n wonderlike wyse van jaar tot jaar in Bergsig. Alle eer aan ons Hemelse Vader wat so mildelik voorsien.
Die totale bedrag van R657 458 wat ontvang was, kon aan die 41 projekte / instansies / persone soos hierby aangeheg, verdeel word as waardevolle bydraes tot Koninkrykswerk.
Opregte dank aan elkeen van Bergsig se getroue Geloofsgelofte-offer-donateurs. God sien wat u in Sy Koninkryk inploeg. Mag die vreugde wat u hieruit put u aanspoor om onbepaald met u betrokkenheid by hierdie projek voort te gaan.
Hartlik dankie ook aan al die nuwe GGO-beloftes wat onlangs op 17 April vir die komende (2011/12) jaar deur Bergsig-lidmate gemaak is. Dit dui daarop dat die R750 000-merk heel waarskynlik vir die eerste maal gedurende 2011/12 oorskrei mag word. Ons loof die Here vir wat Hy hier doen.
Die aangrypende gedig illustreer die hart van waaroor die projek gaan:
The Words of a Child
Teddy, I've been bad again, My Mommy told me so;
I'm not quite sure what I did wrong, But I thought that you might know.
When I woke up this morning, I knew that she was mad;
Cause she was crying awful hard, And yelling at my dad.
I tried my best to be real good, And do just what she said;
I cleaned my room all by myself, I even made my bed.
But I spilled milk on my good shirt, When she yelled at me to hurry;
And I guess she didn't hear me, When I told her I was sorry.
Cause she hit me awful hard, you see, And called me funny names;
And told me I was really bad, And I should be ashamed.
When I said, "I love you, Mommy," I guess she didn't understand;
Cause she yelled at me to shut my mouth. Or I'd get smacked again.
So I came up here to talk to you, Please tell me what to do;
Cause I really love my Mommy, And I know she loves me, too.
And I don't think my Mommy means, To hit me quite so hard;
I guess sometimes, grown ups forget. How really big they are.
So Teddy, I wish you were real, And you weren't just a bear;
Then you could help me find a way. To tell Mommies everywhere.
To please try hard to understand. How sad it makes us feel;
Cause the outside pain soon goes away, But the inside never heals.
And if we could make them listen, Maybe then they'd understand;
So other children just like me, Wouldn't have to hurt again.
But for now, I guess I'll hold you tight, And pretend the pain's not there;
I know you'd never hurt me, So Goodnight, Teddy Bear...
'n Jaarlikse byeenkoms in samewerking met die VGK vir senior lidmate. Tydens die geleentheid kom seniors van Morningstar en Fisantekraal, saam met Bergsig Vrouelidmate byeen vir 'n bederf oggend. Lawwe speletjies word aangebied en die verskillende spanne ding dan mee. Verversings word ook aangebied.