Vol Prente
hozontal_spacer

Algemeen - Eredienste

Hierdie bladsy bied inligting aan wat u op ’n daaglikse basis benodig. Die kerk se kalender kan hier gevind word en inligting rakende die gemeente se eredienste, bedieninge, kategesetye, Inligting vanaf die Sinode, aktuele sake en so meer word hier gepubliseer.

thumbnail_129

Pinkster 2012

Van die Bybelgenootskap
Lees Meer »
thumbnail_130

Pinkster 20-24 Mei - My lewe in God se wil

Pinkster 20 - 24 Mei TEMA:  My lewe in God se wil.

Sondagoggend: Op besoek aan die hemel- waar God se wil gebeur
Sondagaand: Jesus as die hartklop van God se wil
Maandag oggend en aand: Blydskap as God se wil
Dinsdag oggend en aand: Wanneer teenstand gelyk is aan God se wil
Woensdag oggend en aand: God se wil is vrygewigheid

Lees Meer »

Durbanville-Bergsig, Buite & VGK Dienstye

Hier is 'n oorsig oor eredienstye in die omgewing.
Lees Meer »

Eredienste by Bergsig

'n Oorsig van die eredienste wat by Bergsig aangebied word.
Lees Meer »

Aanbidding

Die bediening strewe daarna om gediversifiseerde, inklusiewe, inspirerende eredienste vir passievolle ontdekking van God se teenwoordigheid te bied. Die bediening fokus op alle aspekte van eredienste - liturgiese beplanning, musiek, gasvryheid en tegniese ondersteuning (klank, beeld).

Ons gemeente het tans twee eredienste in die oggend, naamlik ’n Klassieke diens en ’n Gesins- / Informelediens in die ouditorium en n Kinderdiens in die saal parallel met die Informele diens. Saans is daar ’n Regeneration diens in die ouditorium. Al hierdie eredienste word gekoördineer deur die erediens- en jeugbedienings in samewerking met die predikante .

Daar is verskillende gawes ter sprake by die aanbiddingsbediening, naamlik: gasvryheid (persone wat mense verwelkom by eredienste, offergawes opneem en inligting verskaf), diens (persone vir wie die take soos tee bedien en stoele aandra 'n plesier is), berading (persone wat gesprekke met lidmate voer na afloop van eredienste). Die 24 uur noodnommer vir geestelike & emosionele ondersteuning is 071-196-4191. Die erediensbediening sal ook graag van u wil hoor as u kan help met enige van bogenoemde en veral met die musiekbediening (die Here dien deur te sing en/of instrument bespeel) en gasvryheid.

Lees Meer »
hozontal_spacer